| Chapter 25 |
1 |
En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketura.
|
2 |
En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag gebaar.
|
3 |
En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Lemmiete.
|
4 |
En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketura.
|
5 |
En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,
|
6 |
maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.
|
7 |
En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.
|
8 |
Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.
|
9 |
En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
|
10 |
die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
|
11 |
N die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Ro.
|
12 |
En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het --
|
13 |
dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nbajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam
|
14 |
en Misma en Duma en Massa,
|
15 |
Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
|
16 |
Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.
|
17 |
En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.
|
18 |
En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.
|
19 |
En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.
|
20 |
En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Btuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
|
21 |
En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
|
22 |
En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
|
23 |
En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
|
24 |
En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
|
25 |
En die eerste is gebore -- rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.
|
26 |
En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
|
27 |
En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
|
28 |
En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
|
29 |
En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.
|
30 |
Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.
|
31 |
En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.
|
32 |
En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?
|
33 |
Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
|
34 |
En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
|