| Chapter 29 |
1 |
En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; gn beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.
|
2 |
Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
|
3 |
en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
|
4 |
en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
|
5 |
en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;
|
6 |
behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif -- tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
|
7 |
En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; gn werk mag julle doen nie.
|
8 |
Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
|
9 |
en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,
|
10 |
een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
|
11 |
een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort -- en hulle drankoffers.
|
12 |
En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; gn beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier.
|
13 |
En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
|
14 |
en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,
|
15 |
en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;
|
16 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
17 |
Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
18 |
en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
19 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.
|
20 |
En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
21 |
en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
22 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
23 |
Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
24 |
hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
25 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
26 |
En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
27 |
en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
28 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
29 |
Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
30 |
en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
31 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
32 |
En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
|
33 |
en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
|
34 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
35 |
Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; gn beroepswerk mag julle doen nie.
|
36 |
En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
|
37 |
hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
|
38 |
en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
|
39 |
Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
|
40 |
En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.
|