| Chapter 17 |
1 |
En sy seun Josafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
|
2 |
En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
|
3 |
En die HERE was met Josafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Bals nie gesoek nie,
|
4 |
maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.
|
5 |
Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Josafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
|
6 |
En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
|
7 |
En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Ob dja en Sagar¡a en Net neël en Mig ja gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
|
8 |
en saam met hulle die Leviete Sem ja en Net nja en Seb dja en Asahel en Sem¡ramot en Jonatan en Adonia en Tob¡a en Tob-Adonia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elis ma en Joram.
|
9 |
En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
|
10 |
En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie.
|
11 |
En van die Filistyne het vir Josafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.
|
12 |
So het Josafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.
|
13 |
En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.
|
14 |
En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;
|
15 |
en naas hom was die owerste Johanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;
|
16 |
en naas hom was Am sia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;
|
17 |
en uit Benjamin was ljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;
|
18 |
en naas hom was Josabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.
|
19 |
Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.
|