| Chapter 13 |
1 |
Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
|
2 |
Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
|
3 |
Maar k sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
|
4 |
Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
|
5 |
Ag, as julle maar heeltemal sou swyg -- dan sou dit vir julle wysheid wees!
|
6 |
Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
|
7 |
Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
|
8 |
Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
|
9 |
Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
|
10 |
Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
|
11 |
Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
|
12 |
Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
|
13 |
Laat my met rus; dan wil k spreek; laat dan oor my kom wat wil.
|
14 |
Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
|
15 |
Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
|
16 |
Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
|
17 |
Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
|
18 |
Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat k reg sal hê.
|
19 |
Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
|
20 |
Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
|
21 |
trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
|
22 |
Klaag dan maar aan, en k sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
|
23 |
Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
|
24 |
Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
|
25 |
Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
|
26 |
dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
|
27 |
en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
|
28 |
en d¡t iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.
|