| Chapter 26 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
|
2 |
Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
|
3 |
want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
|
4 |
Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
|
5 |
Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
|
6 |
Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
|
7 |
om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
|
8 |
HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
|
9 |
Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
|
10 |
in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
|
11 |
Maar k wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
|
12 |
My voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings.
|