| Chapter 55 |
1 |
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.
|
2 |
o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.
|
3 |
Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,
|
4 |
weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.
|
5 |
My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.
|
6 |
Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.
|
7 |
Toe het ek gesê: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!
|
8 |
Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.
|
9 |
Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
|
10 |
Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.
|
11 |
Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.
|
12 |
Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.
|
13 |
Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;
|
14 |
maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!
|
15 |
Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.
|
16 |
Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.
|
17 |
Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.
|
18 |
Saans en smôre ns en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
|
19 |
Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.
|
20 |
God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.
|
21 |
Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
|
22 |
Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.
|
23 |
Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie. [ (Psalms 55:24) Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar k vertrou op U. ]
|