| Chapter 61 |
1 |
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.
|
2 |
o God, hoor my smeking, luister na my gebed!
|
3 |
Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.
|
4 |
Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.
|
5 |
Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
|
6 |
Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.
|
7 |
Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.
|
8 |
Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat die hom bewaar. [ (Psalms 61:9) So wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag n dag. ]
|