| Chapter 88 |
1 |
'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "M halat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.
|
2 |
HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
|
3 |
Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
|
4 |
Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
|
5 |
Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
|
6 |
vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
|
7 |
U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
|
8 |
U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
|
9 |
U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
|
10 |
My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
|
11 |
Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
|
12 |
Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
|
13 |
Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
|
14 |
Maar k, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
|
15 |
HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
|
16 |
Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
|
17 |
U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
|
18 |
die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my. [ (Psalms 88:19) U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis. ]
|