| Chapter 1 |
1 |
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
|
2 |
Hy was in die begin by God.
|
3 |
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
|
4 |
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
|
5 |
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
|
6 |
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
|
7 |
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
|
8 |
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
|
9 |
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
|
10 |
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
|
11 |
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
|
12 |
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
|
13 |
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
|
14 |
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon -- en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom -- vol van genade en waarheid.
|
15 |
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat n my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.
|
16 |
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
|
17 |
Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
|
18 |
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.
|
19 |
En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
|
20 |
En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
|
21 |
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u El¡a? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
|
22 |
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? -- dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
|
23 |
Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
|
24 |
En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
|
25 |
En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of El¡a of die profeet is nie?
|
26 |
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie --
|
27 |
dit is Hy wat n my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
|
28 |
Dit het gebeur in Bet bara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
|
29 |
Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: D r is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
|
30 |
Dit is Hy van wie ek gesê het: N my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.
|
31 |
En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
|
32 |
En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.
|
33 |
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.
|
34 |
En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.
|
35 |
Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;
|
36 |
en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: D r is die Lam van God!
|
37 |
En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.
|
38 |
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:
|
39 |
Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi -- dit wil sê, as dit vertaal word, Meester -- waar is U tuis?
|
40 |
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en die dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.
|
41 |
Andras, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.
|
42 |
Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mess¡as gevind -- dit is, as dit vertaal word, die Christus.
|
43 |
En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Cfas, wat vertaal word Petrus.
|
44 |
Die volgende dag wou Jesus na Galila vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.
|
45 |
En Filippus was van Bets ida, uit die stad van Andras en Petrus.
|
46 |
Filippus het Nat nael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van N saret.
|
47 |
En Nat nael sê vir hom: Kan daar uit N saret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
|
48 |
Daarop sien Jesus Nat nael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
|
49 |
Nat nael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
|
50 |
Nat nael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
|
51 |
Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. [ (John 1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. ]
|