| Chapter 16 |
1 |
Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Gal sië gereël het.
|
2 |
Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
|
3 |
En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
|
4 |
En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
|
5 |
Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedonië gereis het, want ek gaan deur Macedonië.
|
6 |
En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
|
7 |
Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
|
8 |
Maar ek sal in fese bly tot pinkster toe.
|
9 |
Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
|
10 |
En as Timothes kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
|
11 |
Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
|
12 |
Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
|
13 |
Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
|
14 |
Laat alles by julle in liefde geskied.
|
15 |
En ek versoek julle, broeders -- julle weet dat die huisgesin van Stfanas die eersteling van Ach je is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het --
|
16 |
dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
|
17 |
En ek verbly my oor die aankoms van Stfanas en Fortun tus en Ach cus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
|
18 |
Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.
|
19 |
Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Prisc¡lla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
|
20 |
Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
|
21 |
Die groete van Paulus, met my eie hand.
|
22 |
As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maran ta!
|
23 |
Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
|
24 |
My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.
|